|
|
| 500ml melk |
| 100ml suiker |
| 25ml vlapoeier |
| 10ml botter |
| 100ml suurlemoensap |
| 397g (1blik) kondensmelk |
| 1¼ pak Tennisbeskuitjies |
|
| Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. |
| Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. |
| Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. |
| Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. |
| Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat dit goed afkoel. |