|
|
Kors |
1 pak Marie-beskuitjies, en fyn gedruk |
125g botter, gesmelt. |
Vulsel |
3 eiers |
125ml strooisuiker |
5ml suurlemoensap |
250g roomkaas |
125ml suurroom. |
Versiering |
125ml vars room, geklits |
vars vrugte (soos druiwekorels). |
|
Kors |
Meng beskuitjiekrummels en botter. Druk dit in in 'n tertbak met deursnee van 24cm. |
|
Vulsel |
Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig. |
Voeg suurlemoensap by. |
Vou die room kaas en suurroom by. |
Gooi dit in die beskuitjiekors en bak vir 40 min. by 160 C totdat dit gestol en goudkleurig is. |
Verkoel en versier met room en vrugte. |
No comments:
Post a Comment