LEWERKOEKIES:
500g skaaplewer 4
middelslag aartappels
250ml gesnyde groenboontjies 2
spinasieblare
1 middelslag tamatie 1
ui
1 sny brood 3
eiers
180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml
bakpoeier
10ml sout 1ml
peper
kookolie vir vlak
braai.
Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer
in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie,
tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul
skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die
meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in
vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar
en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of
koud voor. Hierdie koekies vries goed.
En as jy nie van Spinasie hou nie, sal POPEY altyd sterker as jy wees.....
No comments:
Post a Comment