Voorverhit
die oond tot 180°C.
Smeer of
spuit 'n kaserol bak.
Frikadelle:
500g Maer
maalvleis (ek verkies topside)
1 Gerasperde
ui
1 Koppie
(80g) vars broodkrummels
2 Eetlepes
Fyngekapte songedroogte tamaties
1 Eier
geklop
Olie (ek
verkies olyfolie)
Meng alles
saam en gooi sout en peper by na smaak.
Gebruik 'n
25 ml maatlepel om die hoeveelheid maelvleis te meet vir elke frikkadel.
Rol
balletjies en braai in die olie tot hulle bruin is.
Jy behoort
so 25 frikadelle uit te kry.
Pasta:
400g Enige
groot pasta stukke soos byvoorbeeld PENNE.
Kook die
water in jou pot met sout en 'n bietjie olie.
Gooi jou
pasta in en laat kook tot dit net mooi sag is.
Dreineer in
vergietes.
Tamatie
en Knoffel sous:
25g Botter
of margarien.
1 Blik Uie
en tamatie smoor.
2 - 3
Knoffelhuisies, druk dit sommer pap met 'n lepel of sny dit baie fyn.
1 Klein
blikkie tamatie puree.
185ml
Hoenderaftreksel.
1 Teelepel
origanum.
1 Teelepel
suiker.
Gooi alles
bymekaar in 'n pan en bring tot kookpunt.
Laat prut
vir sowat 5 minute oor matige hitte.
Plaas nou
die frikadelletjies in jou kaserol bak en gooi die sous oor.
Maak die bak
toe en bak vir 1 uur.
Opdiening....
Skep pasta
in en maak 'n holte in die middel.
Skep nou die
frikadelle en sous in hierdie holte.
Eet.