Thursday, 18 August 2011

KERRIE NOEDEL SLAAI

KERRIE NOEDEL SLAAI
500 g noedels
1 groot gesnipperde ui
1 groot greenpeper in blokkies gesny (Gebruik rooi- en geel greenpeppers vir kleur as jy wil)
Sous:
200 ml wit suiker
250 ml tamatiesous
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)

Berei noedels volgens aanwysings op pak
Voeg ui en greenpeper by noedels
Meng sous bestandele saam en voeg by noedels

Moenie die noedels afspoel nie en meng die sous by die noedels terwyl die noedels nog warm is. Roer weer goed deur net voor jy dit bedien.  
Die slaai is nog lekkerder as dit ’n rukkir in die yskas gestaan het.

Tuesday, 16 August 2011

Viskoekies


Viskoekies
1 Kg Vis
1 Kg Mashpotato
50 ml Gekapte Pietersielie
50 ml Gerasperde Uie
4 Eiers
10 ml Sout
Peper na smaak
1. Trek vel van vis af en sny alle vinne af.
2. Kook vis in water tot gaar.
3. Vlok vis van grate af en maak seker al die grate is uit.
4. Meng vis met Mash, uie, pietersielie, eiers en sout.
5. Maak balle so groot soos jy jou viskoekie wil hĂȘ en druk plat.
6. Vries viskoekies tussen lae waxwrap.
1. Om gaar te maak kan jy die viskoekies ontvries of net so in die oond
    druk tot dit effens bruin begin word.
2. Jy kan ook die vis in 'n pan braai in 'n bietjie olie totdat dit deursag is.
3. Onthou die viskoekie is al klaar gaar voordat jy dit vries.
4. Om vars te gebruik kan jy die koekies in 'n geklitste eier rol en dun in broodkrummels,
    braai dit ban in olie of botter tot ligbruin.
5. Dien op met chips of 'n lekker slaai.

Thursday, 11 August 2011

Vleis Pastei

Vleis Pastei

Bestandele

1 Kg Bees cocktail worsies of oorskiet braaivleis
1 Middelslag Ui (Gesny)
3 Middelslag Tamaties (Gesny)
1 Pakkie gesnyde Sampioene
1 Pakkie Royco Saucy Barbeque Sausage
1 Eetlepel Tamatiesous
2 Eetlepels Chutney
15 ml Kookolie (Olyf olie as jy wil)

Kors

3 Eiers
375 ml Sonneblom olie
375 ml Melk                            
360 ml Koekmeel                          
3 ml Sout
30 ml Bakpoeier

Klits al die bestandele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm

Oondvaste bak van 30cm x 30cm

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C    -----   Baktyd 20 minute
Braai Uie tot sag en voeg Tamaties by, gooi die Sampioene by en kook tot sag.
Voeg Tamatiesous en Chutney by. Meng Royco Saucy Barbeque Sausage met 300 ml water
en gooi by sous. Sny worsie in derdes en braai tot gaar of sny Vleis in 1 cm stukkies.
Gooi vleis in gesmeerde bak en voeg die sous by. Giet korsdeeg bo-oor.
Bak tot kors ligbruin vertoon (Ongeveer 20 minute)

Nota!!!

Die kors is so saam gestel dat dit in derdes werk

1, 2, 3 Eiers
125, 250, 375 ml Olie
125, 250, 375 ml Melk
120, 240, 360 ml Koekmeel
1, 2, 3 ml Sout
10, 20, 30 ml Bakpoeier

Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie. Jou bak moet ook redelik diep wees (10cm)  omdat die kors redelik uitrys.