| Viskoekies |
| 1 Kg Vis |
| 1 Kg Mashpotato |
| 50 ml Gekapte Pietersielie |
| 50 ml Gerasperde Uie |
| 4 Eiers |
| 10 ml Sout |
| Peper na smaak |
| 1. Trek vel van vis af en sny alle vinne af. |
| 2. Kook vis in water tot gaar. |
| 3. Vlok vis van grate af en maak seker al die grate is uit. |
| 4. Meng vis met Mash, uie, pietersielie, eiers en sout. |
| 5. Maak balle so groot soos jy jou viskoekie wil hĂȘ en druk plat. |
| 6. Vries viskoekies tussen lae waxwrap. |
| 1. Om gaar te maak kan jy die viskoekies ontvries of net so in die oond |
| druk tot dit effens bruin begin word. |
| 2. Jy kan ook die vis in 'n pan braai in 'n bietjie olie totdat dit deursag is. |
| 3. Onthou die viskoekie is al klaar gaar voordat jy dit vries. |
| 4. Om vars te gebruik kan jy die koekies in 'n geklitste eier rol en dun in broodkrummels, |
| braai dit ban in olie of botter tot ligbruin. |
| 5. Dien op met chips of 'n lekker slaai. |
Tuesday, 16 August 2011
Viskoekies
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment