DieDikKok Se Lasagne (Ek het hierdie resep jare terug gebruik vir Debonairs
in Springs)
24 – 30 Porsies
(Kan gevries word)
Bestandele
50 ml
Kookolie
120 g
Botter / Margarien
4 Groot
Uie (Fyn Gekap)
4 Wortels
(Gerasper)
4 Selery Stingels (Fyn Gekap)
2 Kg Maer Beesmaalvleis
600 g Hoenderlewer (Fyn Gekap)
3 Groot Blikke Tamatie Puree
1 Bottel Rooiwyn
100 ml Pietersielie (Fyn Gekap)
Sout
Swartpeper
1.5 kg Lasagne Stringe
500 g Cheddar Kaas (Fyn Gerasper)
500 g Mozarella Kaas ( Fyn Gerasper)
Béchamel
Sous
240 g Botter / Margarien
160 g Koekmeel
2.25 l Melk
20 ml Neutmuskaat
Metode
Verhit Olie en Botter in ‘n groot pot, voeg
Uie, Wortel en Sellery by en roer aanhoudend tot alles sag is.
Verhoog die hitte en voeg Maalvleis by,
verbruin en maak seker dat daar nie klonte is nie.
Voeg die Hoenderlewer by en braai tot dit
gaar.
Voeg Tamatie Puree, Wyn, Pietersielie en
Sout en Peper (na smaak) by en wag tot dit kook.
Verlaag die hitte en laat prut vir 45
minute. Verwyder van die plaat en laat staan.
Kook Lasgne in groot pot met Sout en
bietjie Olie tot dit sag is.
Gooi deur vergietes en spoel af met koue
water.
Béchamel
Sous
Smelt Botter in pot oor lae hitte tot dit
begin skuim.
Voeg Koekmeel by en roer aanhoudend vir 2
minute.
Verwyder van plaat af en roer die Melk
bietjies – bietjies by.
Plaas terug op plaat en bring tot kook
terwyl jy aanhoudend roer tot dit dik begin word.
Haal van plaat af.
Voeg Sout en Peper by na smaak en meng
Neutmuskaat in.
Plaas ‘n stuk plastiek op die sous sodat
dit nie ‘n kors maak nie.
Voorverhit oond tot 180° Celsius.
Gooi dun lagie vleissous in die bodem.
Smeer jou oondpan en lê stringe Lasagne
teenmekaar op die bodem.
Pak laag Vleismengsel bo-oor, en herhaal
met Lasgne.
Smeer lagie Béchamel sous oor.
Strooi Kaasmengsel liggies bo-oor.
Bak 35 – 40 minute of tot die kaas
goud-bruin verkleur.
Laat staan sowat
15 minute voor jy dit sny en verpak.
No comments:
Post a Comment