Romerige Varkworsie Pasta Ala Bettie De Meyer
45 ml olyfolie
750 g goeie varkworsies
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen en 1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 ui, in dun wiggies gesny
5 ml droë basiel
5 ml droë oregano
1 blik (410 g) gekapte tamaties
Sout en peper na smaak
250 ml room
500 g pasta van jou keuse
250 ml gerasperde parmesaan
Verhit die olie in 'n groot pan en braai die worsies daarin tot
goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant. Kook die pasta in 'n groot
pot soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Braai intussen die knoffel,
soetrissie-repies en ui in dieselfde pan (in die oorblywende olie) tot
gaar. Voeg die basiel en oregano by en braai tot geurig. Voeg die
tamaties en geurmiddels by en verhit tot kookpunt. Voeg die room by en
prut tot effens afgekook en verdik. Sny die worsies in stukkies en voeg
by die sous. Dreineer die pasta en voeg ook by. Meng alles deur en
sprinkel parmesaankaas oor.
Genoeg vir ses mense.
No comments:
Post a Comment