Thursday, 25 July 2013

BOTTER



Botter kan ook die geur van vleis, pluimvee en veral vis uitbring met 'n subtiele smakie van
suurlemoen of kruie, Mostert of uie.

Geurige Botter

Gemmer botter
125g (1/2 koppie) botter
10ml (2 teelepels) gekapte gemmerwortel
Sout en varsgemaalde peper
· Heerlik saam met vark – en lamsvleis

Tabascobotter
125g (1/2 koppie) botter
5ml (1 teelepel) tabascosous
Sout en varsgemaalde peper
· Heerlik saam met varkvleis

Knoffelbotter
125g (1/2 koppie) botter
3 knoffelhuisies, gekap
Knippie sout
· Heerlik saam met Bees, Lams – en Varkvleis, Hoender, Vis en groente

Pietersieliebotter
125g (1/2 koppie) botter
10ml (2 teelepels) gekapte pietersielie
10ml (2 teelepels) suurlemoensap
· Heerlik saam met Lamsvleis, Hoender, Vis en groente

No comments:

Post a Comment