Hierdie is
'n baie lekker ligte maal vir 'n koue of reenerige dag. Ek en my ma maak
dit al jare lank en omdat dit so lekker lig en donsig is van die
eierwit wat agterna ingevou word, het my kinders, toe hulle nog klein
was, dit "Donsie" gedoop.
DONSIE:
60 ml sago geweek in 150ml water (vir ongeveer 30 min)
750 ml (3 koppies) melk
2 ml sout
15 ml botter of bak-margarien
10 ml koekmeelblom
5 ml maizina
2 ml bakpoeier
1 ekstra-groot of Jumbo eier, geskei.
kaneel-suiker na smaak.
METODE:
Bring 600 ml van die melk tot kookpunt saam met die sout en botter en
voeg dan die sago by. Stel hitte op laag en prut terwyl aanhoudend
geroer word, om aanbranding te voorkom, totdat sago sag en deurskynend
is (ongeveer 5-8 min). Klits eiergeel, meel, maizina en bakpoeier saam
met die oorblywende 150ml melk tot gemeng en voeg by kokende mengsel.
Kook alles nou goed deur tot gaar vir ongeveer 'n verdere 3 min.
Verwyder pot van stoof, klits eierwit tot styf en vou nou die eierwit
liggies in die melkkos in. Skep op in bakkies en strooi kaneel-suiker
bo-oor volgens smaak.
No comments:
Post a Comment