Thursday, 25 July 2013

FRANKFURTER EN AARTAPPELSLAAI





4-5 Mediumgroot aartappels                                       
8 Frankfurter worsies
1 Mediumgroot ui                                                       
100ml Mayonnaise
50ml Natuurlike jogurt                                                
5ml Aangemaakte mosterd
Sout en peper
Gekapte pietersielie

Kook die aartappels tot sag.
Dreineer, skil en sny in blokkies.
Rooster die worsies en sny elkeen in 6 stukke.
Kap die ui fyn.
Meng die mayonnaise, jogurt, mosterd, ui, sout en peper (Slaaisous).
Meng die warm aartappels en worsies met die slaaisous.
Garneer met die gekapte pietersielie en sit voor.
Lewer 4 porsies.

No comments:

Post a Comment