Thursday, 25 July 2013

Sakkie Marais se Tamatiesmoor





5 groot ryp tamaties
2 middelslag-uie
30 ml olyfolie
6 knoffelhuisies
4 takkies vars roosmaryn
Growwe sout na smaak
45 ml gladde heuning

Sit tamaties in ‘n kastrol en bedek met kookwater.
Skil en sny kroontjies uit.
Sny dan die tamaties in blokkies.
Skil uie en sny in fyn blokkies.
Gooi tamaties en uie in gietysterkastrol.
Voeg olyfolie by.
Kook teen medium-hitte vir sowat een uur.
Druk knoffel met ‘n breë vleismes plat, verwyder skilletjies en breek in growwe stukke.
Gooi by tamaties in die kastrol.
Pluk roosmaryn, spoel af en gooi heel takkies by.
Voeg growwe sout na smaak by.
Kook vir nog ‘n uur.
Roer heuning in en laat dit deurkook.
Laat prut vir nog 15 minute.

No comments:

Post a Comment