250g Botter
625ml Suiker
2 Ekstra groot eiers
1,25 Liter koekmeel
20ml Bakpoeier
10ml Gemengde speserye
20ml Gemaalde kaneel
5ml Gemaalde gemmer
2ml Gemaalde naeltjies
3ml Koeksoda
Verroom die botter en suiker.
Voeg die eiers by en klits tot dit lig en romerig is.
Sif die res van die bestanddele saam.
Voeg by die bottermengsel en knie tot dit 'n deeg vorm.
Rol die deeg ±3 mm dik uit.
Druk koekies uit en plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak vir 10 minute by 180°C.
Plaas die koekies op 'n draadrak om af te koel.
Dit is maklike die
koekie met die lekkerste reuk wat ek ken.
No comments:
Post a Comment