ROMERIGE BILTONG PASTA
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui,fyn gekap
250 g knopiesampioene
sout en vars gemaalde peper
500 ml (2 k) room
200 g nat biltong, gekerf
15 ml (1 e) vars pietersielie, gesnipper
250 g linguini-pasta
1. Verhit die olie in ’n pan en braai die sampioene en ui ’n paar minute tot gaar en geurig. Geur met sout en peper.
2. Sit die room by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die sous effens verdik.
3. Sit die nat biltong en pietersielie by en roer ’n paar minute.
4. Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en meng dit by die biltongmengsel.
No comments:
Post a Comment