Tuesday, 25 June 2013

Boerseep.


1,75 kg harde beesvet (uitgebraaide vet)
250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (om die vet se reuk te verbloem)

Geel handskoene (om jou hande te beskerm)

Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Laat staan totdat dit min of meer dieselfde hitte het as die vet (as jy ‘n kook termometer het is dit ‘n pluspunt). Gooi nou die seepsodawater by die vet (en sitroenella olie) en roer totdat dit soos versuikerde heuning begin lyk ( dit vat nogals ‘n rukkie, maar moenie moedeloos word nie) gooi uit in ‘n vierkantige plastiek bak wat uitgevoer is met ‘n linnelap (die lap kan net die bodem bedek en lank genoeg wees dat jy vatplek het wanneer jy die seep uitkeer). Die mengsel behoort warmer te word as gevolg van ‘n chemiese reaksie. Sit die bak met die mengsel bo-op in hout broodplank met ‘n stainless steel skinkbord bo-oor die bak en bedek met swartsak en met ‘n kombers. Maak die seep laatmiddag en laat dit staan tot die volgende oggend. Maak die kante van die seep los van die bak en trek nou die lap aan weerskante stadig totdat dit loskom van die boom, keer die seep uit en merk die stene uit en sny met skerp mes. Laat staan vir ‘n week of wat voordat jy daarvan gebruik.

Jy behoort 12 stene uit te sny van 8 x 7 cm en omtrent 3 cm dik.

Friday, 14 June 2013

DieDikKok Se Lasagne



DieDikKok Se Lasagne (Ek het hierdie resep jare terug gebruik vir Debonairs in Springs)
24 – 30 Porsies (Kan gevries word)
Bestandele
50 ml Kookolie
120 g Botter / Margarien
4 Groot Uie (Fyn Gekap)
4 Wortels (Gerasper)
4 Selery Stingels (Fyn Gekap)
2 Kg Maer Beesmaalvleis
600 g Hoenderlewer (Fyn Gekap)
3 Groot Blikke Tamatie Puree
1 Bottel Rooiwyn
100 ml Pietersielie (Fyn Gekap)
Sout
Swartpeper
1.5 kg Lasagne Stringe
500 g Cheddar Kaas (Fyn Gerasper)
500 g Mozarella Kaas ( Fyn Gerasper)

Béchamel Sous
240 g Botter / Margarien
160 g Koekmeel
2.25 l Melk
20 ml Neutmuskaat

Metode
Verhit Olie en Botter in ‘n groot pot, voeg Uie, Wortel en Sellery by en roer aanhoudend tot alles sag is.
Verhoog die hitte en voeg Maalvleis by, verbruin en maak seker dat daar nie klonte is nie.
Voeg die Hoenderlewer by en braai tot dit gaar.
Voeg Tamatie Puree, Wyn, Pietersielie en Sout en Peper (na smaak) by en wag tot dit kook.
Verlaag die hitte en laat prut vir 45 minute. Verwyder van die plaat en laat staan.
Kook Lasgne in groot pot met Sout en bietjie Olie tot dit sag is.
Gooi deur vergietes en spoel af met koue water.

Béchamel Sous
Smelt Botter in pot oor lae hitte tot dit begin skuim.
Voeg Koekmeel by en roer aanhoudend vir 2 minute.
Verwyder van plaat af en roer die Melk bietjies – bietjies by.
Plaas terug op plaat en bring tot kook terwyl jy aanhoudend roer tot dit dik begin word.
Haal van plaat af.
Voeg Sout en Peper by na smaak en meng Neutmuskaat in.
Plaas ‘n stuk plastiek op die sous sodat dit nie ‘n kors maak nie.
Voorverhit oond tot 180° Celsius.
Gooi dun lagie vleissous in die bodem.
Smeer jou oondpan en lê stringe Lasagne teenmekaar op die bodem.
Pak laag Vleismengsel bo-oor, en herhaal met Lasgne.
Smeer lagie Béchamel sous oor.
Strooi Kaasmengsel liggies bo-oor.
Bak 35 – 40 minute of tot die kaas goud-bruin verkleur.
Laat staan sowat 15 minute voor jy dit sny en verpak.

Tartar Sous




Hierdie is n vinnige resep vit tartar sous wat goed gaan saam vis en seekos asook saam met Crumbed Mushrooms

Bestanddele:
250 ml Mayonaise
2 Groot agurkies (gherkins) gekap in klein blokkies (gebruik 3 kleiner agurkies as jy nie grotes het nie)
2 Klein picled onions fyn gekap
Sout en peper na smaak

Metode:
Meng al die gekapte bestandele saam die mayonaise. Laat staan vir so n rukkie in die yskas as jy tyd het, anders bedien voor met enige vis gereg. Gaan ook goed saam met crumbed mushrooms

Thursday, 16 May 2013

Frikadelle met Tamatie en Knoffel sous.




Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer of spuit 'n kaserol bak.

Frikadelle:
500g Maer maalvleis (ek verkies topside)
1 Gerasperde ui
1 Koppie (80g) vars broodkrummels
2 Eetlepes Fyngekapte songedroogte tamaties
1 Eier geklop
Olie (ek verkies olyfolie)

Meng alles saam en gooi sout en peper by na smaak.
Gebruik 'n 25 ml maatlepel om die hoeveelheid maelvleis te meet vir elke frikkadel.
Rol balletjies en braai in die olie tot hulle bruin is.
Jy behoort so 25 frikadelle uit te kry.

Pasta:
400g Enige groot pasta stukke soos byvoorbeeld PENNE.

Kook die water in jou pot met sout en 'n bietjie olie.
Gooi jou pasta in en laat kook tot dit net mooi sag is.
Dreineer in vergietes.

Tamatie en Knoffel sous:
25g Botter of margarien.
1 Blik Uie en tamatie smoor.
2 - 3 Knoffelhuisies, druk dit sommer pap met 'n lepel of sny dit baie fyn.
1 Klein blikkie tamatie puree.
185ml Hoenderaftreksel.
1 Teelepel origanum.
1 Teelepel suiker.
Gooi alles bymekaar in 'n pan en bring tot kookpunt.
Laat prut vir sowat 5 minute oor matige hitte.
Plaas nou die frikadelletjies in jou kaserol bak en gooi die sous oor.
Maak die bak toe en bak vir 1 uur.

Opdiening....
Skep pasta in en maak 'n holte in die middel.
Skep nou die frikadelle en sous in hierdie holte.
Eet.

Thursday, 2 May 2013

Frikkadel Gebak



Frikkadelletjies -

1kg Maer maalvleis
250ml Oats
50ml Sagte broodkrummels
50ml Wit asyn
4 Eiers geklits
1 Groot aartappel, grof gerasper
15ml Sout
5ml Gemaalde koljander
5ml Gemaalde neutmuskaat
5ml Gemaalde wonderpeper
2ml Peper of na smaak

Meng al die bestandele vir die frikkadelletjies saam.
Ek gebruik 'n 25ml maatlepel om die hoeveelheid vleis af te meet om bolletjies te vorm.
Braai frikkadelletjies in diep olie net tot gaar.
Plaas op kombuispapier om te dreineer en heeltemal af te koel.
                                                             

Die Bredie gedeelte

2 Uie gekap, maar nie te fyn nie
25ml Olie
1 Pakkie Tamatie Roomsop (Cream Of Tomato)
400ml Water
Braai uie tot sag
Meng sop met 400ml water en voeg by Frikkadelle in 'n glas oondbak
Voeg sout en speserye by na smaak
Pak 'n paar frikkadelle bo-op en strooi 'n koppie gerasperde Cheddar kaas bo-oor
Bak met die deksel op vir ongeveer 40 minute teen 160°C.
Heerlik saam met Stampmielies of Rys

Thursday, 3 January 2013

GESONDHEIDSBESKUIT



Meng:
1 kg Bruismeel
1 koppie Nutty Wheat
1 koppie sonneblomsaad
1 koppie "crushed" wheat
2 koppies sagte bruinsuiker
3 koppies All Bran
3 teel bakpoeier
2 teel sout

Klits:
500 ml karringmelk
2 ekstra groot eiers

Roer alles tesame en voeg by:       500 ml gesmelte margarien

Knie tot goed gemeng.  Rol gholfbal-grootte en plaas in gesmeerde broodpanne.
Bak by 180°C vir ongeveer 45 min tot 1 uur tot gaar.
Sny in vingers indien verkies.  Droog oornag uit in lou oond vir ongeveer 7 uur.