Sunday, 5 February 2012

KITS VLATERT

500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier.  Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel.  
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam.  Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak.  
Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk.  
Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor.  
Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies.  Laat dit goed afkoel.

Friday, 20 January 2012

CHAKALAKA BROODJIE

CHAKALAKA BROODJIE
(kan ook muffins maak)
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur / 
sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper
Voorverhit oond tot 180°
Sif droë bestandele saam
Klits eier & chakalaka
Meng eier mengsel met droë bestandele
Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak +/- 45 minute

Thursday, 5 January 2012

GEBAKTE KAASKOEK MET SUURROOM

Kors 
1 pak Marie-beskuitjies, en fyn gedruk 
125g botter, gesmelt. 
Vulsel 
3 eiers
125ml strooisuiker 
5ml suurlemoensap
250g roomkaas 
125ml suurroom. 
Versiering 
125ml vars room, geklits
vars vrugte (soos druiwekorels). 
Kors 
Meng beskuitjiekrummels en botter. Druk dit in in 'n tertbak met deursnee van 24cm. 
Vulsel 
Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig.  
Voeg suurlemoensap by. 
Vou die room kaas en suurroom by.  
Gooi dit in die beskuitjiekors en bak vir 40 min. by 160 C totdat dit gestol en  goudkleurig is. 
Verkoel en versier met room en vrugte.

Monday, 5 December 2011

Honey muesli squares

Honey muesli squares
125 g butter or margarine
125 ml sugar (½ cup)
15 ml honey (1 Tbsp)
2 extra large eggs
125 ml desiccated coconut (½ cup)
500 ml Blue Ribbon self-raising flour (2 cups)
310 ml milk (1¼ cups)
Topping
60 g butter or margarine
15 ml honey (1 Tbsp)
375 ml icing sugar (1½ cups)
± 15 ml hot water (1 Tbsp)
125 ml muesli (½ cup)
1. Beat butter, sugar and honey in a mixing bowl. Add eggs and beat until light and fluffy. Add coconut.
2. Sift flour and add alternately with milk to egg mixture. Mix well and spoon into a greased 23 cm x 32 cm Swiss roll pan.
 Bake in a preheated oven at 180 °C for about 15 minutes. Leave to cool.
4. Topping: Beat butter and honey in a bowl. Add icing sugar and water until a smooth mixture.
 Top cake with icing and sprinkle muesli over. Cut into squares.

Thursday, 10 November 2011

Baked Macaroni and Prawns

Baked Macaroni and Prawns
Give an old favourite like macaroni an inspirational twist by adding prawns. 
Serves 4 | Preparation Time: 10 mins | Cooking Time: 35 mins
Ingredients
1 sachet Knorr Macaroni & Cheese – Cheese & Bacon flavour 
310 ml water 
15 ml olive oil 
175 g mushrooms, thinly sliced 
50 g Parmesan cheese, freshly grated
125 ml milk 
30 ml margarine 
4 leeks, sliced and cut into pieces 
175 g prawns, peeled 
Salt and pepper to season
Instructions
1. Mix the contents of the Knorr Macaroni & Cheese sauce sachet, the pasta, milk, water and margarine together and bring to the boil 
2. Simmer for 8–10 min stirring occasionally until cooked 
3. Heat the oil in a pan and fry the leeks, mushrooms and prawns 
4. Mix the pasta with the leeks, mushrooms and prawns 
5. Place in an ovenproof dish 
6. Sprinkle the Parmesan cheese over the top 
7. Bake at 180°C for 25 min or until golden brown 

Friday, 7 October 2011

Gebakte Souskluitjies

Gebakte Souskluitjies

Bestandele

125 g Botter of Margarien
60 ml Fyn Appelkooskonfyt
12,5 ml Koeksoda
250 g (500 ml gesifte) Koekmeel
Knypie Sout
100 ml Melk
750 ml Kookwater
200 g (250 ml ) Suiker
5 ml Vanilla essence
Klontjie Botter

Metode

1.       Voorverhit oond op 200 °C.
2.       Smelt botter en roer die konfyt by.
3.       Roer koeksoda by (Dit sal bruis).
4.       Roer nou die meel wat jy gesif het saam met die sout by, asook die melk – biejie meel , bietjie melk sodat jy nie klonte kry nie.
5.       Gooi die res van die bestandele in ‘n groterige bakskottel met ‘n deksel.
6.       Skep lepels vol deeg in die sous – die kluitjies moet nie op mekaar lê nie.
7.       Sit die deksel op en bak vir 25 minute.
8.       Jy kan nogsteeds ‘n kaneelsuiker mengsel oorgooi sodra jy dit opdien.

Thursday, 6 October 2011

Outydse Souskluitjies

Outydse Souskluitjies

Bestandele

250 ml Koekmeel
5 ml Bakpoeier
1 ml Sout
50 ml Botter of Margarien
2 Eiers
Suiker
Fyn Kaneel
62 tot 125 ml Gesmelte Botter

Gereedskap

Meelsif
Pot van ongeveer 17 cm deursnee
Bakskottel of Oondvaste Glasbak

Metode

1.       Sif die droë bestandele saam en vryf die 50 ml botter daarin.
2.       Klits die eiers en 12,5 ml suiker tot lig.
3.       Voeg dit by die mengsel en meng liggies.
4.       Gooi sowat 5 cm water in ‘n pot en voeg 2,5 ml sout en 1 ml kaneel by en laat dit kook.
5.       Doop ‘n teelepel in die kookwater en skep ‘n ronde teelepel vol deeg daarmee uit en plaas dit in die kokende water. Skep 4 kluitjies in ‘n pot van 17 cm en laat hulle vir 10 minute kook.
6.       Lig die kluitjies uit die water en sit din in ‘n warm bakskottel en strooi suiker en fyn kaneel wat saam gemeng is oor die kluitjies, asook ‘n bietjie gesmelte botter. Herhaal tot die deeg klaar is.