Thursday, 3 January 2013

GESONDHEIDSBESKUIT



Meng:
1 kg Bruismeel
1 koppie Nutty Wheat
1 koppie sonneblomsaad
1 koppie "crushed" wheat
2 koppies sagte bruinsuiker
3 koppies All Bran
3 teel bakpoeier
2 teel sout

Klits:
500 ml karringmelk
2 ekstra groot eiers

Roer alles tesame en voeg by:       500 ml gesmelte margarien

Knie tot goed gemeng.  Rol gholfbal-grootte en plaas in gesmeerde broodpanne.
Bak by 180°C vir ongeveer 45 min tot 1 uur tot gaar.
Sny in vingers indien verkies.  Droog oornag uit in lou oond vir ongeveer 7 uur.

Saturday, 22 December 2012

VETFRIKKIES



Frikkadelletjies -

1kg Maer maalvleis
250ml Oats
50ml Sagte broodkrummels
50ml Wit asyn
4 Eiers geklits
1 Groot aartappel, grof gerasper
15ml Sout
5ml Gemaalde koljander
5ml Gemaalde neutmuskaat
5ml Gemaalde wonderpeper
2ml Peper of na smaak

Meng al die bestandele vir die frikkadelletjies saam.
Ek gebruik 'n 25ml maatlepel om die hoeveelheid vleis af te meet om bolletjies te vorm.
Braai frikkadelletjies in diep olie net tot gaar.
Plaas op kombuispapier om te dreineer en heeltemal af te koel.


Vetkoek -

250ml Sterk lou melk
250ml Sterk lou water
40g (50ml) Margarien
25ml Witsuiker
1 Eier
850g (1600ml) Koekmeelblom
10g (1 Koevertjie) Kitsdroëgis
5ml sout
Meng melk, water, margarien en suiker en roer tot margarien gesmelt het.
Klits die eier by.
Meng meel, sout en gis saam.
Voeg eiermengsel by.
Knie tot die deeg elasties en glad is.
As die deeg te pap is om te hanteer kan bietjies koekmeel bygevoeg word.
As die deeg te styf is voeg 'n klein bietjie water by.
Smeer 'n mengbak met olie en plaas die deeg daarin, draai die deeg dadelik om sodat die oliekant bo is.
Bedek die bak en laat die deeg rys tot dubbel die volume.
Knie die deeg af.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 1cm dik.
Sny deeg in 6 x 6cm blokkie met 'n skerp mes.
Plaas 'n frikkadelletjie op elke blokkie en vou die punte van die deeg oor die frikkie.
Knyp die openingkies versigtig toe.
Braai so vier op 'n slag in diep olie en  draai dikwels om sodat die deeg egalig braai.
Braai tot ligbruin en skep uit om te dreineer.
Sit warm of koud voor.

Hulle vries goed om later weer warm gemaak te word in die mikrogolf oond.

Lewer ± 50 Frikkies

Tuesday, 11 December 2012

WOOLIES COOKIES


2 X 500ml Margarien
680g  Chocolate chips
4 Koppies Koekmeel
500ml Brown Sugar
10ml Koeksoda
5ml Sout
500ml Suiker
500g Gerasperde Cadbury Sjokolade
5 Koppies Fyngemaakte Oats
4 Eiers
10ml Bakpoeier
10ml Vanielje
375ml Gekapte Neute (Opsioneel)

Maak die oats fyn in 'n voedselverwerker.
Verroom die margarien en al die suiker.
Voeg eiers en vanielje by en klits goed.
Meng droë bestandele saam en meng deeglik saam met margarien mengsel.
Voeg sjokolades en neute by.
Rol balletjies en plaas op 'n bakplaat.
Bak teen 180ºC vir 10 minute.
Laat goed afkoel. Maak ± 112 koekies.

Thursday, 22 November 2012

GESONDHEIDSBESKUIT



Meng:
1 kg Bruismeel
1 koppie Nutty Wheat
1 koppie sonneblomsaad
1 koppie "crushed" wheat
2 koppies sagte bruinsuiker
3 koppies All Bran
3 teel bakpoeier
2 teel sout

Klits:
500 ml karringmelk
2 ekstra groot eiers

Roer alles tesame en voeg by:  500 ml gesmelte margarien

·      Knie tot goed gemeng.  Rol gholfbal-grootte en plaas in gesmeerde broodpanne.
·      Bak by 180°C vir ongeveer 45 min tot 1 uur tot gaar.
·      Sny in vingers indien verkies.  Droog oornag uit in lou oond vir ongeveer 7 uur.

Thursday, 8 November 2012


LEWERKOEKIES:

500g skaaplewer                                                                                   4 middelslag aartappels
250ml gesnyde groenboontjies                                                          2 spinasieblare
1 middelslag tamatie                                                                            1 ui
1 sny brood                                                                                            3 eiers
180ml ongesif afgemeet meelblom                                                   15ml bakpoeier
10ml sout                                                                                               1ml peper
kookolie vir vlak braai.

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor.  Hierdie koekies vries goed.

En as jy nie van Spinasie hou nie, sal POPEY altyd sterker as jy wees.....

Gemmer Koekies

250g butter or brick margarine
250ml (1 cup) Huletts Golden Syrup
2 eggs
750g cake flour
500ml (2 cups) Huletts SunSweet Brown Sugar
30ml (2 Tablespoons) ground ginger
10ml (2 teaspoons) bicarbonate of soda
5ml (1 teaspoon) salt
75ml (5 Tablespoons) milk

Method
  1. Melt the butter and stir in the syrup. Allow to cool. Beat in the eggs, one at a time.
  2. Sift together the dry ingredients and stir into the syrup mixture alternately with the milk. Allow the dough to chill in the refrigerator until firm enough to shape.
  3. Roll out and cut into shapes, or shape into small balls and press down with a fork. Place far apart on a greased baking sheet.
Bake in a moderately hot oven (160ºC) for approximately 10 minutes. 

Nie 'n cheap resep nie, maar hy werk en is baie lekker

Sunday, 19 August 2012


 VARKWORSIE-EN-RYSDIS


560ml water                                                                    310ml rou witrys
5ml sout                                                                          10ml olie
25g gerookte varkworsies                                            1 groen soetrissie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap                                                 2 klein knoffelhuisies, fyn gedruk
215ml hoenderaftreksel                                                 2ml vars gemaalde swartpeper
3 klein uitjies, baie dun gesny

Verhit 500ml van die water tot kookpunt en voeg die rys en sout by. Kook tot gaar, dreineer en stoom vir 10 minute. Hou eenkant. Terwyl die rys kook, verhit die olie in 'n swaarboompot en braai die wors daarin tot goudbruin en gaar. Skep uit en laat effens afkoel. Sny dan in bytgrootte stukkies. Braai die soetrissies in dieselfde pot tot sag. Skep die wors terug, voeg die knoffel by en braai vir 'n paar minute tot geurig. Voeg die aftreksel, swartpeper, uitjies en res van die water by en verhit tot kookpunt. Laat prut tot die vloeistof amper afgekook is en 'n geurige sous in die pot vorm. Voeg die rys by en meng deur. Sit warm voor. Genoeg vir 6 mense.