Friday, 7 October 2011

Gebakte Souskluitjies

Gebakte Souskluitjies

Bestandele

125 g Botter of Margarien
60 ml Fyn Appelkooskonfyt
12,5 ml Koeksoda
250 g (500 ml gesifte) Koekmeel
Knypie Sout
100 ml Melk
750 ml Kookwater
200 g (250 ml ) Suiker
5 ml Vanilla essence
Klontjie Botter

Metode

1.       Voorverhit oond op 200 °C.
2.       Smelt botter en roer die konfyt by.
3.       Roer koeksoda by (Dit sal bruis).
4.       Roer nou die meel wat jy gesif het saam met die sout by, asook die melk – biejie meel , bietjie melk sodat jy nie klonte kry nie.
5.       Gooi die res van die bestandele in ‘n groterige bakskottel met ‘n deksel.
6.       Skep lepels vol deeg in die sous – die kluitjies moet nie op mekaar lê nie.
7.       Sit die deksel op en bak vir 25 minute.
8.       Jy kan nogsteeds ‘n kaneelsuiker mengsel oorgooi sodra jy dit opdien.

Thursday, 6 October 2011

Outydse Souskluitjies

Outydse Souskluitjies

Bestandele

250 ml Koekmeel
5 ml Bakpoeier
1 ml Sout
50 ml Botter of Margarien
2 Eiers
Suiker
Fyn Kaneel
62 tot 125 ml Gesmelte Botter

Gereedskap

Meelsif
Pot van ongeveer 17 cm deursnee
Bakskottel of Oondvaste Glasbak

Metode

1.       Sif die droë bestandele saam en vryf die 50 ml botter daarin.
2.       Klits die eiers en 12,5 ml suiker tot lig.
3.       Voeg dit by die mengsel en meng liggies.
4.       Gooi sowat 5 cm water in ‘n pot en voeg 2,5 ml sout en 1 ml kaneel by en laat dit kook.
5.       Doop ‘n teelepel in die kookwater en skep ‘n ronde teelepel vol deeg daarmee uit en plaas dit in die kokende water. Skep 4 kluitjies in ‘n pot van 17 cm en laat hulle vir 10 minute kook.
6.       Lig die kluitjies uit die water en sit din in ‘n warm bakskottel en strooi suiker en fyn kaneel wat saam gemeng is oor die kluitjies, asook ‘n bietjie gesmelte botter. Herhaal tot die deeg klaar is.

Wednesday, 5 October 2011

Macaroni en Kaas

Macaroni en Kaas
Genoeg vir 6 tot 8 mense

Bestandele

1 kg Macaroni
250 g Bacon, gesnipper
250 g Viennas
1 Koppie Cheddar Kaas, gerasper
1 Groot tamatie, in skywe gesny
5 Eiers
125 ml Melk
1 Eetlepel Olie

Metode

Verhit die oond tot 180 C.°
Gooi olie en sout in ‘n pot met water en kook die pasta daarin tot dit gaar is.
Braai die Bacon tot effens crispy in ‘n pan.
Sny die tamatie in dun skywe soos vir tamatie toebroodjies.
Meng die eiers en melk saam, dit hoef nie vreeslik geklits te word nie.
Smeer, spuit ‘n kasserol bak.
Sodra alles voorberei is, skep ‘n lag pasta in die bak.
Strooi nou die viennas oor die pasta.
Skep weer ‘n lag pasta oor, gevolg deur die Bacon.
Skep bo-oor die laaste lag pasta.
Plaas nou jou tamatieskywe bo-op die boonste lag pasta.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor die tamaties.
Giet die eier en melk mengsel oor die kaas.
Plaas die kasserol bak se deksel op en bak in oond totdat die eier gestol is (20 min)
Haal nou die deksel af en bak verder totdat die kaas begin verkleur (10 min)
(Skep baie in jou bord en gooi Tamatiesous of Bladjang oor.)
(Steek die res weg sodat jy met niemand hoef te deel nie.)

Thursday, 18 August 2011

KERRIE NOEDEL SLAAI

KERRIE NOEDEL SLAAI
500 g noedels
1 groot gesnipperde ui
1 groot greenpeper in blokkies gesny (Gebruik rooi- en geel greenpeppers vir kleur as jy wil)
Sous:
200 ml wit suiker
250 ml tamatiesous
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)

Berei noedels volgens aanwysings op pak
Voeg ui en greenpeper by noedels
Meng sous bestandele saam en voeg by noedels

Moenie die noedels afspoel nie en meng die sous by die noedels terwyl die noedels nog warm is. Roer weer goed deur net voor jy dit bedien.  
Die slaai is nog lekkerder as dit ’n rukkir in die yskas gestaan het.

Tuesday, 16 August 2011

Viskoekies


Viskoekies
1 Kg Vis
1 Kg Mashpotato
50 ml Gekapte Pietersielie
50 ml Gerasperde Uie
4 Eiers
10 ml Sout
Peper na smaak
1. Trek vel van vis af en sny alle vinne af.
2. Kook vis in water tot gaar.
3. Vlok vis van grate af en maak seker al die grate is uit.
4. Meng vis met Mash, uie, pietersielie, eiers en sout.
5. Maak balle so groot soos jy jou viskoekie wil hê en druk plat.
6. Vries viskoekies tussen lae waxwrap.
1. Om gaar te maak kan jy die viskoekies ontvries of net so in die oond
    druk tot dit effens bruin begin word.
2. Jy kan ook die vis in 'n pan braai in 'n bietjie olie totdat dit deursag is.
3. Onthou die viskoekie is al klaar gaar voordat jy dit vries.
4. Om vars te gebruik kan jy die koekies in 'n geklitste eier rol en dun in broodkrummels,
    braai dit ban in olie of botter tot ligbruin.
5. Dien op met chips of 'n lekker slaai.

Thursday, 11 August 2011

Vleis Pastei

Vleis Pastei

Bestandele

1 Kg Bees cocktail worsies of oorskiet braaivleis
1 Middelslag Ui (Gesny)
3 Middelslag Tamaties (Gesny)
1 Pakkie gesnyde Sampioene
1 Pakkie Royco Saucy Barbeque Sausage
1 Eetlepel Tamatiesous
2 Eetlepels Chutney
15 ml Kookolie (Olyf olie as jy wil)

Kors

3 Eiers
375 ml Sonneblom olie
375 ml Melk                            
360 ml Koekmeel                          
3 ml Sout
30 ml Bakpoeier

Klits al die bestandele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm

Oondvaste bak van 30cm x 30cm

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C    -----   Baktyd 20 minute
Braai Uie tot sag en voeg Tamaties by, gooi die Sampioene by en kook tot sag.
Voeg Tamatiesous en Chutney by. Meng Royco Saucy Barbeque Sausage met 300 ml water
en gooi by sous. Sny worsie in derdes en braai tot gaar of sny Vleis in 1 cm stukkies.
Gooi vleis in gesmeerde bak en voeg die sous by. Giet korsdeeg bo-oor.
Bak tot kors ligbruin vertoon (Ongeveer 20 minute)

Nota!!!

Die kors is so saam gestel dat dit in derdes werk

1, 2, 3 Eiers
125, 250, 375 ml Olie
125, 250, 375 ml Melk
120, 240, 360 ml Koekmeel
1, 2, 3 ml Sout
10, 20, 30 ml Bakpoeier

Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie. Jou bak moet ook redelik diep wees (10cm)  omdat die kors redelik uitrys.